Valentynsdag: Dié leser wen ’n romantiese naweek vir twee in Limpopo

(Foto: Berchtesgaden)

Gedurende ʼn jaar verklaar geliefdes, wel hoe jonger hoe meer, hulle liefde aan mekaar, maar daar is een tyd van die jaar wanneer ons dit spesiaal maak. Jy kan dit natuurlik soveel beter doen in die mooie lowergroen Bosveld, in die hartjie van die Waterberge.

ʼn Gelukkig Maroela-leser het in aanmerking gekom vir ʼn spesiale naweek vir twee by Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm in die Vaalwater-distrik, net ʼn uur en half se ry buite Pretoria.

Baie geluk aan Frikkie de Jager van Roodepoort wat dié wonderlike prys wen. Hy is baie opgewonde om sy vrou te bederf, hulle is al 45 jaar getroud.

Berchtesgaden se personeel bederf die De Jagers met die wittebrood-suite, aandetes, midbyt en ontbyt met Saterdag se aandete onder die helder sterre van die Bosveld.

Almal wat ingeskryf het, maar nie gewen het nie, staan ook die kans om te wen. Vir minstens sewe persone wat vir die kompetisie ingeskryf het, maar nie as wenner aangewys is nie, word daar afslag van 33% aangebied op jou rekening vir die naweek van 16 tot 18 Februarie 2024. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] indien jy van dié spesiale aanbod gebruik wil maak.

By Berchtesgaden is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het. Berchtesgaden spog met ʼn vierstergradering vanaf JagLekker en ʼn BestValue-toekenning van Afristay. Hulle is ook in 2022 bekroon deur LuxLife, ʼn internasionale tydskrif met meer as 250 000 lesers as “Best Country Accommodation in Limpopo”.

Berchtesgaden het boonop in September 2023 ʼn internasionale toekenning ontvang as “Best Luxury Ranch accommodation – Limpopo” in die afdeling kleinsake-toekennings. Lees meer op Berchtesgaden se Facebook blad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.