Die supersoniese motor bekend as die ‘Bloodhound‘ is binnekort op pad na Suid-Afrika waar die Britse span met plaaslike kenners gaan kragte saamspan om te probeer om ʼn spoed van meer as 1 600 kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap te haal.
Die wetenskaplikes wil ook die jongklomp aanspoor om opgewonde te raak oor dié poging en daarom is daar tot 17 Junie ʼn uitstalling in Johannesburg waar ʼn mens self kan voel hoe dit sou wees om agter die stuur van dié supermotor te wees.
- Besoek gerus dié webwerf vir meer inligting oor die Bloodhound-projek.
Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.