Wen ’n koolstoof met Maroela Media se 9de verjaardag!

Baie van ons onthou die gemeensaamheid van ʼn koolstoof op die plaas of iewers op die platteland: Die gerommel van antrasiet vroeg soggens as die stoof gestook word, en die milde hitte wat kort daarna van die kombuis na die res van die huis versprei. Of die geur van ʼn kraakvars wildspastei soos nét ʼn koolstoof ʼn wildspastei kan bak.

Met beurtkrag is ʼn warmkombers en ʼn elektriese verwarmer in die winter lank nie meer ʼn gegewe nie, en as jy nie gelukkig genoeg is om ʼn kaggel in jou huis te hê nie, is ʼn gasverwarmer dalk al waarop jy kan staatmaak om die winterkoue te verdryf. Vir die meeste van ons is ʼn koolstoof niks meer nie as ʼn nostalgiese herinnering.

Om Maroela Media se negende verjaardag te vier, bring ons die nostalgie tot binne-in jou huis: Ons gee aan een gelukkige Maroela-leser ʼn koolstoof weg!

Vertel ons hoe Maroela jou hart warm gemaak het die afgelope nege jaar, of hoe Afrikaans jou hart laat warm klop – en jy staan die kans om ʼn koolstoof ter waarde van R4 900 te wen.

ʼn Span beoordelaars sal lukraak ʼn wenner uit die inskrywings trek en die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Augustus 2020 om 23:45.

Skryf nou in

Bepalings en voorwaardes:

  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  • Die wenner sal lukraak uit alle inskrywings gekies word.
  • Slegs deelnemers binne Suid-Afrika sal in aanmerking kom vir die prys.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal verder daaroor gevoer word nie.
  • Die prys is ‘n Desert Fire-koolstoof van Ndebele Stoves, sonder wateraanhegsels. Lees meer.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner sal in die week ná 31 Augustus 2020 deur Maroela Media gekontak word. Die koolstoof sal gestuur word na die adres wat die wenner skriftelik verskaf wanneer Maroela met die persoon kontak maak.
  • Die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Lees ons privaatheidsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.