ʼn Groep gestremdes wat deel is van die Weskus-vereniging vir mense met gestremdhede gaan die Kango-grotte buite Oudtshoorn die naweek van 15 tot 17 Mei besoek.
Dit is die eerste keer dat die groep die geleentheid sal kry om dié geskiedkundige en geologiese landmerk in Suid-Afrika te besoek. Die vereniging is nou op soek na mense wat hulle kan borg ten opsigte van toegangsgeld, vervoer en verblyf sodat 20 lede die toer kan meemaak.
Esté Meyer Jansen het met die voorsitter van die vereniging, Hendronline Dwashu, in Saldanhabaai gesels oor wat hulle vir die uitstappie benodig, en hoe mense hulle kan help om dié droom waar te maak.
- Indien lesers die Weskus-vereniging vir mense met gestremdhede wil bystaan om die toer ʼn moontlikheid te maak, kan hulle Riaan Cleophas, bestuurder van die vereniging, skakel vir meer inligting by 078 305 7675.