In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor verhoudings.
Die vraag word gevra of daar kitsoplossings is vir groot probleme in verhoudings. Die probleem is dat daar gewoonlik oor ʼn baie lang tyd klein vernietigende en afbrekende goedjies gedoen en gesê word en wanneer die twee dan uitmekaargedryf het en die probleme baie groot is, soek hulle ʼn kitsoplossing wat dadelik moet werk.
Ds. Deon noem ʼn paar voorbeelde uit mense se lewe wat hoop kan gee vir mense met verhoudingsprobleme.
- “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.