“Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Lees Markus 1)
Het jy al 180 grade omgedraai (bekeer) en glo jy die goeie nuus (evangelie) dat Jesus ook vir jou kom sterf en opstaan het? Dan is God ook koning van jou lewe. Hierdie was Jesus se eerste (en daarom baie belangrike) preek aan die wêreld.
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.