“Toe die dag van die pinksterfees aanbreek… is almal met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat… oor die groot dinge wat God gedoen het.”
Op pinksterdag kom die Heilige Gees ons Helper na die aarde. Die Heilige Gees wil vir jou soos ‘n advokaat, ‘n trooster, ‘n helper wees. Die Gees wil verder jou lewe beheer en jou krag wees om van Jesus te getuig. (Lees Handelinge 2)