ToekomsVenster: Liefde

liefde-hartjies-liggies-dekor

Foto:
Freestocks.org/Unsplash.com

As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders. – Jak. 2:8-9

In die normale wens ons onsself die beste toe en dis nie verkeerd nie. Natuurlik moet ʼn mens na jouself omsien. Om stylvol geklee, wel gevoed, omvattend toegerus en netjies te vertoon is tog nie ʼn sonde nie. Trouens, soos die mond oorloop van dit wat in die hart van die mens leef getuig die uiterlike dikwels van dit wat aan die binnekant gebeur.

Dit sê ook iets van die God wat ons dien.

Almal is egter nie in dieselfde mate geseën nie. Daar is mense wat die spiraal van armoede net nie kan ontduik nie. Hulle het ander mense nodig om staande te bly. Somtyds moet ander mense gedurig en by herhaling ingryp ten einde die gesin van totale ondergang te red.

Dit maak hulle nie sleg nie maar meermale ontoereikend toegerus vir die lewe. Seerkry langs die pad kan ʼn mens se selfvertroue erg knou. Neerhalende opmerkings van ʼn vertrouensfiguur of ʼn gebrek aan aanmoediging kan ʼn mens se vordering in die lewe kniehalter. So kan ʼn mens aangaan.

Ek ken baie arm mense met harte van goud en ʼn bereidwilligheid om te dien.

Om jouself lief te hê is nie die probleem nie maar om jouself konsekwent ten koste van ander lief te hê is sonde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.