Händel se gewyde oratorium, Messias, uit Andre Rieu se “Live from Radio City Music Hall” in New York in 2004.
Die Johann Strauss Orchestra en die Harlem Gospel Choir is in dié video te sien wat reeds meer as 4.3 miljoen keer op YouTube gekyk is.
Händel het Messias in 1741 tydens ʼn periode van 24 dae gekomponeer. Het het later self te kenne gegee dat die werk ʼn gevolg was van Goddelike inspirasie, ʼn fase waartydens hy “die Hemele… en die grote God self” gesien het.