Dié drie wenners én hul gesinne gaan die kykNET Buite Ekspo geniet

Die kykNET Buitelug Ekspo beloof hope pret vir die hele gesin. (Foto: Verskaf)

Drie gelukkige lesers kon elkeen ʼn dagbesoekerskaartjie vir ʼn gesin van vier vir die kykNET Buite Ekspo wen.

Die kompetisie het op 20 Junie om middernag gesluit en die wenners is vandag (Dinsdag 21 Junie) aangekondig.

Baie geluk aan Andrea Steenkamp, André Raath en Ilze Theron-Breytenbach wat elkeen ʼn dagbesoekerskaartjie vir ʼn gesin van vier wen.

Kaartjies steeds beskikbaar

Feesgangers kan uitsien na heerlike plaaslike vermaak. (Foto: Verskaf)

Die kykNET Buite Ekspo is die perfekte geleentheid om op die hoogte van die jongste neigings in die kampeermark te bly.

Ná ʼn uiters suksesvolle Wes-Kaapse ekspo in Maart vanjaar, wat deur meer as 22 000 feesgangers besoek is, word dié ekspo vanjaar ook 24 tot 26 Junie by die Sondela-natuurreservaat net buite Bela-Bela aangebied.

Dit beloof om ʼn lekker uitstappie vir die hele gesin te wees en vind plaas in ʼn veilige plaasatmosfeer sowat 80 km buite Pretoria.

Die ekspo voldoen 100% aan die Covid-19-riglyne soos deur die regering voorgeskryf. Ekspo-gangers sal dus óf hul inentingsertifikaat (fisiek of digitaal) óf ʼn negatiewe toets wat nie ouer as 72 uur is nie by die ingang moet toon. Daar sal egter ook toetsstasies op die perseel wees waar vinnige antigeentoetse gedoen kan word teen R150 elk. Dié reëls geld nie vir kinders jonger as 12 jaar nie.

Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies en skryf in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.