Soorte resepte:

Resep: Blitsige boontjieslaai

Blitsige boontjieslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Sonder-sukkel-bykos vir braaivleis.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 1 blik (410 g) groenbone, gedreineer
  • 1 blik (410 g) boontjies in tamatiesous, gedreineer
  • 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
  • 1 klein ui, gekap
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en gekap
  • 3 selderystingels, gekap
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml asyn
  • 15 ml suiker
  • sout en swartpeper na smaak
  • 15 ml gekapte pietersielie

Metode

  1. Meng al die bestanddele goed saam en verkoel minstens 1 uur in die yskas.
  2. Sit voor as bykos by braaivleis.

Bron: Smul sonder sukkel deur Olga Wall

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.