Soorte resepte:

Resep: Eierballetjies

Eierballetjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy het heel waarskynlik al die bestanddele reeds in jou huis!

Bestanddele

  • 1 x 200 g-pak soutbeskuitjies (bv. Bacon Kips)
  • 6 eiers, hardgekook en gerasper
  • 250 ml gerasperde kaas
  • genoeg mayonnaise om mengsel klam te maak en balletjies te vorm
  • 1 x 125 g-pak aartappelskyfies, fyngerol

Metode

  1. Rol die soutbeskuitjies fyn.
  2. Meng die beskuitkrummels, eier, kaas en mayonnaise en vorm balletjies.
  3. Rol die balletjies in die fyn aartappelskyfies.
  4. Bêre dit in die yskas in ʼn digverseëlde houer en sit dit as ʼn peuselhappie voor.

Bron: Eet saam

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.