Soorte resepte:

Resep: Bessie-fluweeltjie (skommeldrankie)

Bessie-fluweeltjie (skommeldrankie). (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie lae-GI-skommeldrankie wat vir meer energie in die oggend sal sorg. Vervang die aarbeie met enige ander bessievrugte of vrugte van jou keuse om hierdie drankie af te wissel.

Bestanddele

1 porsie

  • 100 ml yskoue water
  • 100 m ongegeurde laevetjogurt
  • 100 g vars aarbeie, in kwarte gesny
  • 2 skeppies / 18 g Ensure- of Lifegain-poeier in vanieljegeur
  • 5 ml suiker of suiwer rou heuning

2 porsies

  • 200 ml yskoue water
  • 200 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 200 g vars aarbeie, in kwarte gesny
  • 4 skeppies / 36 g Ensure- of Lifegain-poeier in vanieljegeur
  • 10 ml suiker of suiwer rou heuning

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ‘n versapper tot glad en skuimerig.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.