Soorte resepte:

Duisende feesgangers span uit by boetiekbierfees

Feesgangers span uit by die Capital Craft-bierfees. (Foto: Maroela Media)

Meer as 6 000 feesgangers het Saterdag na die Pretoria Botaniese Tuin vir die agtste Capital Craft-bierfees gestroom.

Dit was ʼn sonnige wintersdag in die Jakarandastad en besoekers kon eintlik nie vir beter weersomstandighede gevra het nie.

Vriende, familie en kennisse het sorgeloos onder die koeltebome op komberse en stoele uitgespan en musiekliefhebbers kon hulleself aan ʼn mengelmoes van klanke by een van die drie verhoë verlustig.

Kunstenaars soos Dan Patlansky, aKING, Karen Zoid en Georgetown & The Moonies het feesgangers op hulle voete en aan die dans gehad, terwyl verskeie kosstalletjies gesorg het dat die mae vol bly. Daar was omtrent smulhappies te kies en te keur: van pizza en nacho’s, tot wafels, burgers, panini’s en samoesas.

Ouers met kinders tussen twee en 12 kon hulle kroos aflaai by die speelpark met verskeie aktiwiteite wat die jong klomp besig gehou het.

Sowat 30 brouerye, wat onder meer Brauhaus Afrika, Cape Brewing Company, Darling Brew, Devil’s Peak Beer Company, Hazeldean Brewing Co., Hoegaarden en Zwakala insluit, het al te gretig gereed gestaan om hul bier en produkte met bier-entoesiaste te deel.

Met alternatiewe opsies soos wyn en niealkoholiese drankies het brouerye ook in die smaak van niebierdrinkers geval.

The WortHog Brewers (Worties), ʼn Suid-Afrikaanse bierbrouklub wat toegewy is aan die kuns en wetenskap om goeie bier te maak, het saam geproe en ʼn paar wenbiere gekies.

Devils Peak het met die louere weggestap met twee pryse: Die brouery se Devils Peak Juicy Lucy is as die beste bier van die dag aangewys en dit was algeheel die stalletjie met die beste atmosfeer. Die prys vir beste pienk drankie (pink drink) het gegaan aan Standeaven se Pomegranate G&T.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Daar is niks so lekker soos ‘n yskoue bier en lekker eetgoed tydens ‘n warm dag nie. Hulle moet meer sulke feeste aanbied ons sal definitief ondersteun. Ek let op die foto’s dat niemand maskers dra nie… vrye keuse dit is goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.