Soorte resepte:

Botterbroodjies

Leon stuur dié resep per e-pos aan ons:

“Hierdie resep klink snaaks wanneer mens dit die eerste keer hoor. Maar as jy vinnig skons moet maak, is dit ‘n wenner. Die warm skons is natuurlik altyd lekker met aarbeikonfyt of gerasperde kaas bo-op.”

Bestanddele:
1 pakkie bruismeel – 500gram (ek gooi sommer so halwe teelepel bakpoeier ook by – net vir die wis en die onwis)
1 blikkie lemonade – 200ml (die klein maer enetjie)
1 houer vars room – 250ml
1 knippie sout

Metode:
Meng als saam.
Op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is, druk die mengsel plat na jou voorkeur (een cm dik byvoorbeeld). Gebruik sommer jou hande.
Druk skons met ‘n glas of skondrukker uit.
Plaas op gesmeerde oondplaat (of in muffinpan) en bak tot goudbruin – so 20 minute op 180°, afhangende van hoe vinnig jou oond is.

Maak tee en geniet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
marthie

hierdie is ‘n uithaler resep (botterbroodjies) dit is vinnig en maklik om te maak en kom altyd reg uit sonder ‘n gesukkel.