Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-en-brandewyntert

Sjokolade-en-brandewyntert. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie is ʼn ideale resep vir die Desembervakansie.

Lewer 1 groot tert.

Bestanddele

Tert

  • 187 ml kookwater
  • 75 ml kakao
  • 4 ekstragroot eiers, geskei
  • 250 ml strooisuiker
  • 187 ml olie
  • 60 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2,5 ml kremetart
  • knippie fyn kaneel
  • 1 ml sout
  • 100 g pekanneute, gekap

Stroop

  • 1 blik (380 g) laevet- ingedampte melk
  • 250 ml sagte bruinsuiker
  • 60 ml brandewyn

Bolaag

  • 1 blik (385 g) karamelkondensmelk
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt
  • 125 ml room
  • Flake-sjokolade (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Tert

  1. Meng die water en kakao. Hou eenkant.
  2. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot liggeel. Roer die olie, melk en vanieljegeursel by die eiergeelmengsel.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier, kremetart, kaneel en sout saam. Meng die meelmengsel en kakaomengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng.
  4. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou by die beslag in. Vou daarna die pekanneute in.
  5. Skep die beslag in ‘n groot reghoekige oondbak van ongeveer 26 cm x 36 cm groot. Bak dit vir 25-30 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

Stroop

  1. Begin solank met die stroop sodra die tert in die oond gesit word. Verhit die ingedampte melk en bruinsuiker tot kookpunt terwyl dit af en toe geroer word. Verlaag die hitte en laat oor matige hitte kook tot die suiker opgelos het. Roer af en toe.
  2. Laat die sous vir 5 minute oor lae hitte kook. Roer die brandewyn by en verwyder van die hitte. Gooi die warm stroop bo-oor tert sodra dit uit oond kom.

Bolaag

  1. Roer die karamelkondensmelk tot glad. Voeg die sjokolade by en meng goed. Klits die room styf en roer by sjokolademengsel.
  2. Skep die versiersel bo-oor die tert wanneer dit amper heeltemal afgekoel is. Strooi Flake-sjokolade bo-oor.

Bron: Teetydlekkernye
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.