Die McDonald’s-burger het weer ʼn nuwe baadjie aangetrek, hierdie keer spesiaal vir die soettande.
McDonald’s Italië het sy jongste produk op Facebook bekend gestel waar die kitskosmaatskappy se bekende broodjies met Nutella gekombineer word.
“ʼn Sagte soetheid is hier wat jy nie sal kan weerstaan nie. Probeer Sweety met Nutella nou: sagte broodjie met ʼn romerige middel!” beskryf die maatskappy dié nuwe happie.
Dit is nog nie bekend of die maatskappy die produk ook in ander lande gaan vrystel nie. Dis ongetwyfeld gewild in Italië, meer as 76 000 persone het gunstig op die plasing reageer en meer as 94 000 persone het dit gedeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ek sien sterretjies in Pravin Gordhan se oë. Wat noem hy nou weer daardie belasting wat hulle beoog? Ganadiglik vir McD gaan daardie belasting oor die suiker in KOELDRANKE.
Ongesond!
Ek kan nou nie die negatiewe kommentaar verstaan nie, wat is nou die verskil in die burger, en n toebroodjie wat n mens eet met Nutella. Daars nou nie rerig so n groot verskil nie………….is daar?
Ag ek hoop dit kom na SA – dit lyk yummy