Soorte resepte:

Resep: Droëvrugte-energieballetjies

Foto ter illustrasie. (Foto: Monfocus/Pixabay)

Dié happiegrootte droëvrugte-energieballetjies is ideaal vir ’n kosblikversnapering!

Lewer 6–8 porsies

Bestanddele

  • 50 g gedroogde appelkose
  • 100 g gedroogde dadels, ontpit
  • 50 g gedroogde kersies, ontpit
  • 10 ml gedroogde klapper
  • 10 ml klapperolie
  • 15 ml geroosterde sesamsaadjies

Metode

  1. Meng die appelkose, dadels en kersies in ’n voedselverwerker en pols tot dit baie fyngekap is.
  2. Skep die vrugtemengsel in ’n bak en voeg die klapper en klapperolie by.
  3. Gebruik jou hande en meng die olie goed deur die mengsel. Rol die mengsel in happiegrootte balletjies.
  4. Rol die balletjies in die sesamsaadjies en bêre die balletjies in ’n lugdigte houer. Dis ideaal vir kosblikke.

Bron: Lekker & Vinnig: Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.