Soorte resepte:

Resep: Gebakte tuna-en-sampioengereg

Gebakte tuna-en-sampioengereg. (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié tuna- en sampioengereg sal ’n perfekte kosblikdis wees.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 300 ml (150 g) rou volgraannoedels
  • 1 pakkie (60 g) sampioensoppoeier
  • 250 ml laevetmelk
  • 250 ml kookwater
  • 2 blikke (170 g elk) tunastukke in pekelwater, gedreineer, gevlok (240 g gedreineer)
  • 1 blik (285 g) ingemaakte sampioenstukkies en -stingeltjies (143 g gedreineer)
  • 2 groot eiers, geklits (sowat 110 g)
  • 50 ml gekapte vars pietersielie
  • 100 g Edam- of Tusserskaas, gerasper
  • paprika en gedroogde gemengde kruie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Kook die noedels vir 8 tot 10 minute in soutwater tot net gaar (al dente). Dreineer en hou dit eenkant.
  3. Meng die soppoeier met van die melk tot glad. Verhit die res van die melk en kookwater tot kookpunt en roer die sopmengsel by. Roer en kook dit vir 2 tot 3 minute oor lae hitte totdat dit dik en gaar is. Roer die gaar noedels, tuna, sampioenstukkies, eiers, pietersielie en kaas by.
  4. Skep dit in ‘n gesmeerde oondbak en maak gelyk. Strooi ‘n bietjie paprika en kruie oor. Bak 30 tot 35 minute totdat dit gaar en gestol is.
  5. Bedien dit met ‘n bros groenslaai of gestoomde gemengde groente.

Bron: Diabetes
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.