Soorte resepte:

Resep: Groente-quesadillas

Foto ter illustrasie. (Foto: Pexels/Pixabay)

Kikker jou kosblik met dié smullekker dis op.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • bietjie olie
  • 2 uie, fyngekap
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 3 wortels, geskil en in dun repies gesny
  • 4 murgpampoentjies, in dun repies gesny
  • 1 x 250 g-pakkie sampioene, in skyfies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 sagte tortillas
  • 20 ml basiliepesto
  • 875 ml gerasperde Clover‑mozzarellakaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel tot die uie sag is.
  3. Voeg die wortels by en roerbraai vir 3 minute. Voeg die murgpampoentjies by en roerbraai nog ’n bietjie. Voeg die sampioene by en roerbraai vir ongeveer 3 minute. Voeg laastens die soetrissies by en soteer vir 5 minute. Geur na smaak met sout en peper.
  4. Plaas 4 tortillas op ’n bakplaat en smeer 5 ml basiliepesto oor elk van die tortillas. Strooi die helfte van die gerasperde kaas oor die tortillas.
  5. Verdeel die groente tussen die 4 tortillas. Strooi die oorblywende kaas bo-oor die groente en plaas die oorblywende tortillas bo-op.
  6. Plaas die quesadillas onder die oond se roosterelement en rooster tot goudbruin bo-op. Plaas ’n ander bakplaat bo-op en keer die quesadillas om. Plaas die quesadillas weer onder die roosterelement en rooster tot goudbruin.
  7. Sny die quesadillas in wiggies en bedien dadelik.

Bron: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.