Soorte resepte:

Resep: Hawermout-en-piesangplaatkoekies

Hawermout-en-piesangplaatkoekies. (Foto: verskaf)

Wat is nou beter as die reuk van varsgebak vroeg in die oggend? Hierdie hawermout-en-piesangplaatkoekies is vinnig om te maak, hoog in vesel en smaak al te lekker.

Lewer 6 plaatkoekies

Bestanddele

  • 1 k hawermout
  • 1 t bakpoeier
  • 1 ryp piesang
  • 1 eier
  • ⅓ k melk
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode

  1. Voeg al die bestanddele saam in ʼn voedselverwerker en meng tot ʼn gladde beslag.
  2. Spuit ʼn pan met kossproei en laat goed warm word.
  3. Skep eetlepels vol beslag in die verhitte pan.
  4. Draai die plaatkoekies om sodra dit begin borrel aan die bokant. Bak aan die anderkant tot goudbruin.
  5. Bedien met jogurt, vrugte en grondboontjiebotter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.