Soorte resepte:

Resep: Hoenderhappies

Hoenderhappies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Dié hoenderhappies sal kuiergaste aan die smul hê.

Bestanddele

  • 600 g hoendermaalvleis
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml gerookte paprika
  • 10 ml hoenderspeserye
  • 250 ml graanvlokkiekrummels
  • 80 ml kanola-olie

Metode

  1. Meng die hoendermaalvleis, kerrie, paprika, hoenderspeserye en die helfte van die graanvlokkiekrummels in ʼn mengbak.
  2. Rol ongeveer 30 ml van die maalvleismengsel in ʼn balletjie. Herhaal met die res van die maalvleis en hou eenkant.
  3. Strooi die res van die graanvlokkiekrummels op ʼn bord en rol die maalvleisballetjies daarin.
  4. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die happies in sarsies vir ongeveer 5 minute. Draai die happies gereeld om sodat dit egalig gaar word.
  5. Plaas die happies op kombuispapier sodat die oortollige olie kan dreineer.
  6. Bedien saam met soetrissiesous.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.