Soorte resepte:

Resep: Kerrieboontjiesop

Foto ter illustrasie. (Foto: HS Stories Photography/Unsplash)

’n Warm beker sop is darem maar ’n wonderlike ding in die winterkoue.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

  • 400 g droë suikerbone
  • 500 g beesskenkelskywe
  • 2,5 ℓ koue water
  • 45 ml (3 e) botter
  • 15 ml (1 e) kanola-olie
  • 3 uie, fyngekap
  • 1 groot aartappel, geskil en gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml (1 e) matige kerriepoeier
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 1 lourierblaar
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml (1 e) suiker
  • 30 ml (2 e) wit druiwe-asyn

Metode

  1. Week die bone oornag in koue water.
  2. Plaas die skenkelskywe in ‘n kastrol en bedek dit met die water. Verhit tot kookpunt, plaas die deksel op en verlaag die hitte. Laat dit ongeveer 1 ½ uur prut tot die vleis van die bene loskom.
  3. Laat die kookvloeistof afkoel en skep enige oortollige vet wat bo-op dryf af. Verwyder die bene.
  4. Verhit die botter en olie in ‘n swaarboomkastrol en soteer die groente tot die uie sag en deurskynend is.
  5. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens.
  6. Voeg die aftreksel, vleis, gedreineerde bone en lourierblaar by die groente. Laat dit prut tot die boontjies sag is.
  7. Verwyder die lourierblaar en laat die sop effens afkoel. Skep die sop in ‘n voedselverwerker en pols tot glad. Giet die sop terug in die kastrol.
  8. Voeg die sout, peper, suiker en asyn by en laat dit goed deurkook . Proe en voeg nog geurmiddels na smaak by indien verkies. Bedien warm.

Bron: 50 Sop- en broodgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.