Soorte resepte:

Resep: Maaspotbrood

Foto ter illustrasie. (Foto: Shine Photos/Unsplash)

Laat die geure van heerlike potbrood deur jou kombuis trek wanneer jy dié dis maak.

Bestanddele

  • 8 koppies meel
  • 1 t sout
  • 13 koppie witsuiker
  • 2 pakkies kitsgis
  • 500 ml (2 koppies) louwarm water
  • 500 ml (2 koppies) maas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Meng die meel, sout, suiker en gis in ’n bak.
  3. Voeg die louwarm water daarby en meng. Maak seker dat al die bestanddele goed gemeng is.
  4. Voeg die maas by die deeg en hou aan met knie.
  5. Plaas die deeg op ’n oppervlak waarop meel gestrooi is en knie dit vir 20–25 minute totdat dit glad is.
  6. Smeer ’n bak met olie, plaas die deeg daarin en bedek met vadoek. Plaas dié bak op ’n warm plek en laat vir 30–40 minute rus.
  7. Bak in die oond vir 30 minute met die deksel op.
  8. Verwyder die deksel en bak vir ’n verdere 30 minute om sodoende ’n bruin kors te laat vorm.
  9. Smeer met gesmelte botter wanneer daar 10 minute baktyd oor is; dit sal help om die kors hard te maak.
  10. Verwyder sodra dit klaar gebak is, en laat dit afkoel voordat dit gesny word.

Bron: https://www.rediscoverdairy.co.za/recipe/amasi-pot-bread/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.