Soorte resepte:

Resep: Pasta al fungi

Pasta al fungi. (Foto: Lapa Uitgewer)

ʼn Pastagereg uit die boonste rakke.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 g pasta van jou keuse
  • 30 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g bruin sampioene, in dik skywe gesny
  • 250 g wit knopiesampioene, in skyfies gesny
  • 30ml gekapte peppadews
  • 30ml gekapte songedroogde tamaties
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

Kook die pasta tot gaar maar nog al dente. Soteer die knoffel in die olie, maar wees versigtig om dit nie te brand nie, anders raak dit bitter.

Voeg die sampioene by en soteer vir 5 minute tot sag. Roer die peppadews, songedroogde tamaties en pietersielie deur.

Meng die sous deur die warm pasta, geur na smaak en sit dadelik met gerasperde parmesaankaas voor.

Bron: Koskas kos 
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.