Soorte resepte:

Resep: Roosblaarsorbet

Foto ter illustrasie. (Foto: verskaf)

Probeer iets nuuts en maak vir jouself hierdie interessante roosblaarsorbet.

Bestanddele

  • 4 organiese rooi rose se blomblare, afgespoel
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 310 ml water of roséwyn
  • 30 ml (2 e) rooswater
  • 30 ml (2 e) verjuice of vars suurlemoensap
  • 1 eierwit, geklits

Metode

  1. Verhit die roosblare, suiker en water of wyn stadig tot kookpunt. Roer die mengsel sodat die suiker smelt voordat dit kookpunt bereik. Prut liggies vir 8 tot 10 minute, of totdat ‘n ligte stroop gevorm het.
  2. Laat dit afkoel en voeg die rooswater en verjuice of suurlemoensap by.
  3. Vou die styfgeklitste eierwit in. Vries dit in ‘n roomysmasjien, of vries dit vir 2 tot 3 ure, klits om die kristalle te breek en vries dan tot hard.

Bron: Vallei van melk en heuning
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.