Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-speksosaties

Sampioen-en-speksosaties. (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie sosaties is ʼn smaaklike voorgereg vir enige geleentheid.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 500 g knopiesampioene
  • 250 g streepspek
  • 300 ml braaisous
  • sosatiestokkies, vir 1 uur in die water geweek

Metode

  1. Sny die spekstroke in die helfte en draai elk van die sampioene met ʼn stukkie spek toe.
  2. Ryg die sampioene op die sosatiestokkies en verf die braaisous oor.
  3. Braai die sosaties vir 10 – 15 minute tot die spek gaar is.
  4. Bedruip dit met braaisous terwyl dit gebraai word.
  5. Bedien dadelik.

Bron: Lekker & Vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.