Die Gautengse verkeerspolisie het motoriste versoek om ag te slaan op padveiligheid tydens die Oktober Vervoermaand en daarna.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Oktober 2020
Adjunkpresident wis niks van ondersoek teen hom
Die kantoor van die adjunkpresident sê hy neem kennis van mediaberigte van die inhegtenisneming van 11 persone, insluitend ʼn huidige lid van die parlement, Bongani Bongo, vir beweerde bedrog tussen 2011 en 2012 in Mpumalanga.
Kragtoevoer dalk gou na Welkom herstel
Eskom-spanne maak glo goeie vordering om kragtoevoer na groot dele van Welkom in die Vrystaat te herstel wat reeds sedert Sondagaand om 20:00 kragonderbrekings beleef.
Vrystaat-brande: 339 plase geraak
Inligting tot dusver dui daarop dat 339 plase oor ʼn area van ongeveer 100 000 ha deur die brande geraak is.
Skoolhoof vas oor moordkomplot
ʼn 49-jarige skoolhoof is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag dat hy saamgesweer het om sy 43-jarige vrou te vermoor.
Drie vinnig vas ná kitsbanke oopgeblaas is
Drie persone is in hegtenis geneem kort ná twee kitsbanke Woensdagoggend by ʼn winkelsentrum in Limpopo oopgeblaas is.
ToekomsVenster: Ons God van belofte
God se plan is onomkeerbaar.
Sny top-staatsalarisse om fiskale afgrond te vermy – Mboweni
Daar is egter reddingsboeie vir die Landbank en die SAL aangekondig sowel as nog miljoene vir die Zondo-kommissie na staatskaping.
Deurbraak in Groblersdal-moord
Papapavlou is in die vroeë oggendure van 5 Oktober met verskeie skietwonde in ʼn plaashuis tussen Stofberg en Groblersdal aangetref.
Man vas ná aanval waarin hy geskiet en vrou vermoor is
Die voorval het vroeër die maand in ʼn huis in die Marina da Gama-veiligheidsoord in Muizenberg plaasgevind.
Oudminister onder verdagtes vas vir korrupsie, bedrog
Die oudminister van staatsveiligheid, Bongani Bongo, was Woensdag een van 11 beskuldigdes wat onder meer op aanklag van bedrog en korrupsie in die hof verskyn het. Sy broer, Sipho Joel Bongo, is óók een van die beskuldigdes.
Begroting: Landbou enigste sektor wat groei
Nagenoeg R312 miljard minder het in die staatskoffers beland.
Foto’s: Paartjie trotseer storm, vloedwater om te trou
Foto’s van die paartjie, wat op pad na die kerk deur die vloedwater stap, maak opslae op sosiale media.
Mboweni identifiseer grootste uitdagings vir staatsbegroting
Die minister het ook verskeie oplossings aan die hand gedoen.
Begroting: Belasting verhoog; provinsies se begrotings veel kleiner
Die enigste provinsie waarvan die begroting in absolute terme styg, is Gauteng.
Begroting: Nóg miljarde vir SAL
Die geld sal by ander staatsdepartemente geneem word.
Deon Meyer, Dana Snyman op Suidoosterfees se skrywersprogram
Kaapse boekwurms word genooi om 13 en 14 November die Suidoosterfees se skrywersprogram by kykNET Atlantic Studios in Kaapstad by te woon.
Só wil staat ekonomie laat groei ná afsondering
Skuld en rente op skuld sal voortaan 21% van die begrotingsinkomste opslurp en ʼn verdere groot bron van kommer is staatsdienssalarisse.
Brande: SA’ners maak harte, beursies oop vir boere
Luisteraars van die Gautengse radiostasie Jacaranda FM het die rekordbedrag van R3,6 miljoen in slegs vier werksdae vir die boeregemeenskap van die Vrystaat en ander streke ingesamel.
Nuuskommentaar: Veiligheid lê in voorkoming, eerder as vervolging
Hierdie onaanvaarbare werklikheid herinner egter aan die duisende mense wat jaarliks slagoffers van misdaad is en nie belangrik genoeg geag word om die minister van polisie se persoonlike betrokkenheid te lok nie.