Verkeerspolisie gryp in oor padveiligheid in Gauteng

Foto verskaf deur Gautengse verkeerspolisie

Die Gautengse verkeerspolisie het motoriste versoek om ag te slaan op padveiligheid tydens die Oktober Vervoermaand en daarna. Die Vervoermaand word gevier onder die tema “Saam vorm ons die toekoms van vervoer”. Die Gautengse verkeerspolisie het verskeie operasie in die provinsie uitgevoer om padveiligheid te verbeter en seker te maak padgebruikers voldoen aan die reëls en regulasies, het Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, in ʼn verklaring gesê. Dit sluit verkeersmonitering, voertuig-inspeksies, verkeersboete-oortredings en misdaadvoorkoming tydens padblokkades in.

Die volgende statistieke is tussen 1 Oktober en 28 Oktober 2020 aangeteken:

  • 29 000 voertuie is voorgekeer en ondersoek vir padwaardigheid; 80 voertuie is onpadwaardig verklaar;
  • 14 338 bestuurders is aangekla oor verskeie oortredings;
  • 17 openbarevervoer-voertuie is geskut omdat hulle sonder lisensies bedryf is;
  • 82 motoriste is in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol;
  • 37 motoriste is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose of nalatige bestuur en verontagsaming van die spoedgrens;
  • 19 900 voertuie is geweeg vir moontlike oorlading en 1 140 bestuurders is aangekla vir oorlading. Drie bestuurders is in hegtenis geneem vir oorlading;
  • 10 gesteelde voertuie is gevind;
  • 18 verdagtes is in hegtenis geneem vir verskeie misdade, insluitend die onwettige besit van vuurwapens, handeldryf met dwelmmiddels en diefstal van motorvoertuie.

Maremane het gesê twee verdagtes is Woensdagoggend in hegtenis geneem op aanklag van bedrog tydens die Gautengse verkeerspolisie se operasie op die N1-suid. Een persoon is in hegtenis geneem ná daar bevind is hulle ry met ʼn motor rond met ʼn vervalste lisensieskyf. Die tweede persoon is in hegtenis geneem toe hy verskeie dokumente, insluitend identiteitsdokumente en paspoorte, in sy besit gehad het. Hy het ook sonder ʼn rybewys bestuur.

Maremane het gesê owerhede het opgemerk dat padongelukke, veral oor naweke, voortduur weens ʼn absolute minagting vir padreëls.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cornelius ·

Hulle gryp in?? Is dit nie hulle werk in die eerste plek nie.

Thelsa ·

Wanneer gaan iemand besef die ghroot bohaai wat gemaak is oor die wêrelklas K53 stelsel wat onsse ou landjie het, is niks werd nie. Dit beteken niks, dit bevorder nie verkeersgedrag of veilige bestuur nie. Dis net nog ‘n stelsel om te omseil waaroor die Persone geld vra en kry.

Chris ·

Hi. Dit is werklik ‘n ongegronde kommentaar wat jy maak. Hoe kan jy die stelsel afskiet alvorens dit implimenteer is. Die stelsel is reeds die afgelope paar jaar op ‘n toetsvlak in die Gauteng streek in werking. Die dag wanneer dit landswyd uitgerol gaan word en dit werk nie, kan bepaal of dit gaan werk of nie.

Kokerboom ·

Goeie werk maar ek dink hul moet “ingryp” in hul eie strukture om omkopery uit te roei, werksetiek , werkslus te verhoog , swak aanstellings te vermy enproduktiwiteit te verhoog!!

Nic ·

kokerboom jy reg ek maande laas n verkeers beampte hier in silverton gesien .net jammer alle bestuurders het alle respek verloor .stop by geen robot of stopstraat gaan verby op sperstrepe en jaag soos die duiwel in pretoriaweg . Respek begin by jou self nie by ander nie

Nienie ·

En net vanoggend oppad werk toe sien ek hoe vat ‘n Ekurhuleni Metro bussie ‘n trok op die geel streep verby. Ja nee, practice what you preach nê.

Jakes ·

Wonder hoeveel van die wat voorgekeer was deur beamptes omgekoop is?

Hennie J ·

Beteken die Oktober vervoermaand nou dat vir hierdie maand hulle nie onder die boom kan sit in die luierende motor met aircon of vol sterkte en kfc eet nie? Werklik, as dit so is ,is daar n skending van menseregte aan die gebeur en ons moet die menseregtekommissie onverwyld ooreenkomstig verwittig.
Wat n vermorsing. As julle deur die jaar julle werk behoorlik doen is sulke twak onnodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.