Mboweni identifiseer grootste uitdagings vir staatsbegroting

(Argieffoto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, en die nasionale tesourie identifiseer in dokumentasie ondersteunend aan die mediumtermynbegrotings (MTBR) sewe groot uitdagings vir die staat se finansiële en fiskale bestendigheid.

Hy het ook oplossings aan die hand gedoen.

Die uitdagings is, in die volgorde soos gelys deur die tesourie:

  • Finansiering van studente vir naskoolse onderrig;
  • Subsidies vir stedelike vervoerstelsels;
  • Die struktuur van die ontwikkelingsplan vir menslike hulpbronne;
  • Die hoeveelheid en grootte van strukture in die staatsdiens op nasionale en provinsiale vlak, asook staatsbeheerde ondernemings;
  • Bestuur van die funksies soos toegewys aan die drie regeringsfere (nasionaal, provinsiaal en munisipaal);
  • Maniere om die ondersteuningstelsel vir die land se kwesbaarste landsburgers te verbeter, en
  • Die beheer van staatsdienssalarisse.

Die oplossings lyk soos volg:

  • Die finalisering (teen Desember) van die verslag oor die verskil tussen enersyds die hoeveelheid belasting wat ingevorder behoort te word en andersyds die hoeveelheid belasting wat wel prakties ingevorder word;
  • ʼn Groter klem op internasionale belasting en belastingvermyding;
  • Meer wetstoepassing teen gesindikeerde bedrog en belastingmisdaad;
  • Uitgebreide gebruik van derdeparty-inligting om belastingontduiking vas te vat, en
  • Die invordering van uitstaande PAYE- en BTW-skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Begroting SLEGS vir staatsbesteding en om lomp struk.ture aan die gang te hou. Nêrens word die enjinkamer nl die privaatsektor se belangrikheid beklemtoon!!Minimale pogings om staatsuitgawes te besnoei. Tipies sosialistise benadering. Die arme drommels van belastingbetalers het nêrens beheer oor waar gaan sy swaarverdiende gelde heen!!!

Jack ·

Al wat ek weet is dat ons oor ses maande nog dieper in die gemors gaan wees. Ons is lankal aan die verkeerde kant van die LAFFER kurwe. Hoër belasting koerse beteken minder belasting invordering, meer motivering om belasting te vermy/ontduik, groter onwilligheid om alle inkomstes te verklaar, investeerders vlug na groener beleggings velde.

koos10 ·

Dis omdat die regering vol skelms en dom mense sit, wat NIKS vir enige SA burger voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.