Soorte resepte:

Resep: Sampioen-risotto-koek

Sampioen-risotto-koek. (Foto: SAMFA)

Sampioenliefhebbers sal hul voortande vir dié heerlike gereg gee.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

  • 2 e botter, met ekstra om die pan te smeer
  • 2 e olyfolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • ’n handvol vars tiemie
  • 2-3 roosmarynstingels
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 350 g (1½ k) Arborio-rys
  • 1 ℓ sampioen- of groente-aftreksel
  • 3 e olyfolie
  • 500 g gemengde, gekultiveerde sampioene, gesny
  • 2 groot eiers
  • 80 g parmesaankaas, gerasper, met ekstra vir bediening
  • 150 g ricottakaas
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Verhit olyfolie en botter in ’n diep braaipan. Kook die ui saam met die tiemie en roosmaryn tot sag. Dit moenie verbruin nie.
  2. Voeg die knoffel by en kook vir een minuut tot geurig. Roer die rys by en smeer dit goed in die olyfolie en botter. Rooster die rys vir ’n minuut totdat die rande deurskynend is.
  3. Voeg die aftreksel by, een skeppie op ’n slag, sodat elke skeppie geabsorbeer word voordat die volgende bygevoeg word. Hou aan om die risotto te roer en voeg aftreksel by totdat die rys romerig en sag is. Geur na smaak.
  4. Smeer die risotto uit op ’n bakplaat om af te koel. Gooi die kruiestingels weg.
  5. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  6. Smeer ’n 22 cm-koekpan liggies met botter.
  7. Braai tweederdes van die gesnyde sampioene in olyfolie tot goudbruin. Geur liggies. Haal uit die pan en laat dit op ’n bakplaat afkoel.
  8. Klits die eiers liggies in ’n groot mengbak en voeg die parmesaan en ricotta by. Meng goed. Voeg die afgekoelde risotto by en meng. Vou dan die sampioene in.
  9. Skep die risotto-mengsel in die gesmeerde pan en maak die bokant gelyk.
  10. Bak vir 25-30 minute tot goudbruin bo-op.
  11. Verkoel vir 10 minute.
  12. Braai die oorblywende sampioene in ’n bietjie olyfolie in ’n pan tot goudbruin. Geur liggies.
  13. Haal die blik uit en plaas die risottokoek op ’n opdienbord. Gooi die vars, gaar, goudbruin sampioene bo-oor. Sprinkel met parmesaan en ’n bietjie varsgemaalde swartpeper.
  14. Sny in skywe en bedien saam met ’n groenslaai.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.