Soorte resepte:

Resep: Vullende eiergebak

Vullende eiergebak. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie gereg is propvol foliensuur en yster, broodnodige voedingstowwe vir ‘n glutenvrye dieet.

Braai ‘n paar repies laevetspek en sampioene in ‘n kleefwerende pan en voeg by die spinasiemengsel vir ekstra geur as variasie van die resep.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

  • 500 ml fyngekapte babaspinasie
  • 80 ml fyngesnyde pikante rissies
  • 125 ml gekrummelde fetakaas
  • 6 eiers
  • 250 ml gladde laevetmaaskaas
  • 125 ml gerasperde laevetkaas
  • 125 ml amandelmeel
  • 2,5 ml sout
  • 1,25 ml varsgemaalde swartpeper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die spinasie, pikante rissies en fetakaas en skep in die oondbak.
  3. Klits die res van die bestanddele saam en skep oor die spinasiemengsel.
  4. Bak 35-45 minute tot gaar.

Bron: Glutenvrye gebak 
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.