Soorte resepte:

SkaapStad: Die beste biltong, vleis en braaibykomstighede in Gauteng

In die nadraai van die Covid-19-pandemie in 2021 het ‘n nuwe opwindende onderneming na vore getree in Gauteng – SkaapStad. Hierdie besonderse onderneming het gegroei van aanlyn verkope tot die opening van hulle baanbreker slaghuis/deli in Augustus 2023. Hierdie is nie net jou alledaagse deli nie, unieke ervarings word gewaarborg.

SkaapStad het ontstaan in 2021. Met ‘n skerp insig in die mark het hulle gesien dat daar ‘n groot behoefte is aan aanlyn vleisverkope direk van die plaas na jou deur. SkaapStad is deel van ʼn groep maatskappye, een waarvan hulle self met skape boer op ʼn plaas in die Hoëveld. Dit verseker nie net die deurlopende goeie gehalte van die lamsvleis wat hulle verkoop nie, maar dit gee hulle ook beheer oor die hele produksieproses.

Een van die stralende bakens in SkaapStad se reis was die stigting van die eerste SkaapStad Country Musiekfees. Die SkaapStad Country Musiekfees het drie opwindende feeste ingesluit, en het ‘n platform gebied aan ‘n reeks bekende en geliefde kunstenaars soos Ricus Nel, Danny Smoke, Elizma Theron, Neil Somers, Nádine, Dylan Pretorius en Mari Minnaar wat die verhoog laat skitter het.

SkaapStad was ook die mede-hoofborg vir die grootste Bulletjie-rugbydag ter wêreld. Dit was vir hulle ʼn absolute eer om deel te wees van die ontwikkeling van potensiële nuwe klein Springbokkies. Vir interessantheid was daar 2 460 jong Bulletjies wat gespeel het, 42 skole wat deelgeneem het en net so oor die 15 000 ondersteuners.

SkaapStad het nie net ‘n passie vir vleis, rugby, braai en musiek nie, maar ook ‘n hart vir liefdadigheid. Hulle is betrokke by verskeie welsynsorganisasies, onder andere Eleos, wat hulp aan behoeftiges bied. Daarmee saam is hulle gereeld betrokke by die borgskap van gholfdae, wat ook ‘n geleentheid bied om die gemeenskap te ondersteun. SkaapStad gaan ook hierdie jaar by die Lentedagfees, 9 September 2023, te Midstream wees waar daar meer as 10 000 mense verwag word.

SkaapStad-slaghuis/deli bied topgehalte vleis en deli-produkte soos kase, speserye, souse, beskuit en verskeie braaibenodighede. Twee van SkaapStad Meat Deli se spesialiteitsprodukte is hulle lipafleklekker lamswors en biltong, wat lag-lag die beste in Gauteng is. Daar is selfs SkaapStad-handelsware soos biltongkerwers, hemde, kepse en “hoodies” beskikbaar.

SkaapStad Meat Deli gebruik gesogte verskaffers soos onder andere Rooibaard, BomBrood, 4KingFantasties, LK Products, Braai Butler, Eskort en dies meer om ʼn ideale een-stop-braai-winkel te bied. Diegene wat van Maandag tot Woensdag R500,00 in die winkel spandeer kwalifiseer vir ʼn gratis sak hout.

In die hart van SkaapStad se sukses lê nie net die kwaliteit vleis nie, maar ‘n voorliefde vir braai, mense, diens en ‘n unieke Suid-Afrikaanse gees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.