Soorte resepte:

Resep: Amandel-en-grondboonbotterblokkies

Amandel-en-grondboonbotterblokkies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie versnapering is net wat jy nodig het.

Lewer 24 porsies

Bestanddele

  • 500 ml heel rou amandels
  • 60 ml lynsaadpoeier
  • 125 ml fyn klapper
  • 125 ml glutenvrye hawermout
  • 125 ml fyn grondboontjiebotter, met sout
  • 30 ml olyfolie
  • 60 ml rou heuning
  • 60 ml appelpuree of appelsous, onversoet
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 80 ml melksjokolade, in blokkies gebreek

Metode

  1. Spuit ʼn vierkantige 24 x 24 cm-bak of bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Verwerk die amandels, lynsaadpoeier, klapper en hawermout in ʼn voedselverwerker tot grofgekap en plaas in ʼn mengbak.
  3. Meng die grondboontjiebotter, olyfolie, heuning, appelpuree en vanieljegeursel saam in ʼn ander mengbak en roer by die neutmengsel. Meng goed.
  4. Druk die mengsel styf plat in die bak en plaas in die yskas vir 60 minute (of in die vrieskas vir 10 minute).
  5. Smelt die sjokolade terwyl die mengsel afkoel. Plaas sjokoladeblokkies in ʼn glasbak bo-oor kookwater sonder dat die bak aan die water raak. Roer tot gesmelt.
  6. Haal die mengsel uit die yskas en smeer die gesmelte sjokolade egalig oor die blokkies.
  7. Plaas terug in die yskas totdat die sjokolade stol en sny in 4,5 cm-blokkies binne-in die bak.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.