Soorte resepte:

Resep: Mikrogolffudge

Foto net ter illustrasie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie fudgeresep is die enigste een wat jy ooit nodig het!

Lewer sowat 80 porsies

Bestanddele

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 500 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 g botter of margarien

Metode

  1. Smeer ʼn reghoekige glasbak goed met botter of margarien.
  2. Meng al die bestanddele in ʼn diep glasbak en mikrogolf dit 2 minute lank op hoog. Klop dit goed met ʼn houtlepel.
  3. Mikrogolf dit nog 10 minute lank op hoog – roer dit elke minuut en sorg dat dit nie oorkook nie.
  4. Klop die fudgemengsel goed – dit lyk nie so dik soos fudge wat op die gewone manier gemaak is nie.
  5. Skep die mengsel in ʼn gesmeerde bak en laat dit afkoel. Sny dit in blokkies.

Bron: Lekker & vinnig: Lekkers (Uit: Nie vir Ma’s nie deur Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.