Soorte resepte:

Resep-video: Sjokoladelagiepoeding

Sjokoladelagiepoeding. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Kersfees is nie Kersfees sonder ʼn soetigheid na ʼn heerlike maaltyd nie. Hierdie poeding is heerlik op ʼn warm dag en sal sommer gou-gou ʼn gunsteling in die familie word.

Die poeding werk sowat R200 uit indien jy dit by uitgesoekte SPAR-handelaars aankoop. Dié prys* is uitgewerk vir al die bestanddele, behalwe die stapelitems wat jy waarskynlik reeds in jou kombuiskaste het.

*Die prys is uitgewerk op spesifieke SPAR-handelaars se pryse en kan verskil. 

Bestanddele

  • 1 boksie (90 g) karamelkitspoeding
  • 1 boksie (90 g) sjokoladekitspoeding
  • 1 ℓ koue volroommelk
  • 250 ml room, styfgeklits
  • 1 pakkie mentsjokolade tennisbeskuitjies, gekrummel
  • 1 blikkie karamelkondensmelk
  • 1 plak pepermentsjokolade, in stukkies gekap

Metode 

  1. Maak die sjokolade- en karamelkitspoeding afsonderlik aan met die melk, volgens die aanwysings op die pakkie.
  2. Klits die room styf en meng die helfte van die room met die sjokoladepoeding en die ander helfte met die karamelpoeding.
  3. Spuit ʼn 30 x 22 cm bak met kleefwerende kossproei, of maak soos ons en maak vir elkeen ʼn individuele poeding in ʼn glas.
  4. Gooi ʼn laag beskuitjiekrummels oor die bodem.
  5. Giet die sjokoladekitspoeding bo-oor en gooi nog ʼn laag van die beskuitjiekrummels oor.
  6. Giet die karamelkitspoeding bo-oor en eindig met ʼn laaste laag koekiekrummels.
  7. Plaas dit in die yskas om oornag (of ten minste 4 ure) te stol.
  8. Smeer die karamelkondensmelk oor, sprinkel met stukkies sjokolade en geniet.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Dankie aan SPAR wat dié video geborg het. Ons het van SPAR se handelsmerkprodukte vir die bestanddele gebruik, asook produkte uit SPAR se jongste Masterchef-reeks. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.