Soorte resepte:

Resep: Ekonomiese sampioen-viskoekies

Ekonomiese sampioen-viskoekies (Foto: Verskaf)

Hierdie sampioen-viskoekies is nie net heerlik nie, maar ook baie ekonomies. Dit kos slegs R17,68 per porsie.

Sampioene is die geheim wat hierdie koekies so goedkoop maak. As jy nie van sampioene hou nie, kan jy dit uitlos en bloot die vishoeveelheid verdubbel. Dan sal die resep wel R24,06 per porsie kos.Genoeg vir 4

Metode

  • 250 g vis, gestoom en gevlok
  • 250 g knopiesampioene, gekap en gaargemaak
  • 2 sprietuie, fyn gesny
  • 1 klein aartappel, gaargemaak, geskil en gekap
  • 1 eier
  • 15 ml soetrissiesous
  • sout en peper na smaak
  • olie vir braai
  • 50 ml Griekse jogurt
  • 20 ml mayonnaise
  • 10 ml suurlemoensap
  • vars suurlemoen, vir opdiening

Metode

  1. Meng vis, sampioene, sprietuie, aartappel, eier en soetrissiesous saam in ʼn bak. Geur met sout en peper. Maak viskoekies met hande en hou eenkant.
  2. Verhit olie in ʼn pan en braai koekies aan albei kante tot goudbruin en deurgaar.
  3. Plaas dit op kombuispapier om van ekstra olie te dreineer.
  4. Meng jogurt, mayonnaise en lemoensap in ʼn klein bakkie.
  5. Sit viskoekies voor met die sous en vars suurlemoenskywe.

Resep: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.