Soorte resepte:

Resep: Cobus se silwervis

Cobus se silwervis (Foto: Lapa Uitgewers)

“Dit was sekerlik die lekkerste vis wat ek in my hele lewe geëet het. Ons het vars brood gebruik om die tamaties en sousie wat gevorm het te eet. Sommer die stukke brood so deur die pan gesleep.”

Bestanddele

  • 600 g rosatamaties
  • 2 silwervisse
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 e brandrissievlokkies
  • ʼn bietjie koekmeel
  • olie om te braai
  • 2 suurlemoene

Metode

  1. Sny die tamaties in die helfte.
  2. Sny drie kepe op die filette van die visse.
  3. Smeer die visse met sout, peper, knoffel en brandrissievlokkies. Strooi ʼn bietjie meel oor die visse.
  4. Verhit olie in ʼn pan en braai die visse aan die een kant. Voeg die tamaties by sodra die visse omgedraai word.

Bron: Sjef Snoekie: Laat die potte sing
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.