Soorte resepte:

Resep: Eddie Elektriek se rooiwarm-rissie-beesvleis-tortillas

Eddie Elektriek se rooiwarm-rissie-beesvleis-tortillas (Foto: Lapa Uitgewers)

Onthou jy die rolprent Pretville en Steve Hofmeyr se karakter Eddie Elektriek? Hier  is ʼn heerlike maaltyd wat dié karakter glo die kieste ʼn bietjie warm sal laat kry.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 12 dun skyfies beesvleis, bv. steak of schnitzel
  • 1 t paprika
  • 1 t fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 e olie
  • 1 ui, in dun ringe gesny
  • 1 geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
  • 1 rooi en groen brandrissie, ontpit (indien verkies) en gekap
  • 4 tortillas
  • 1 ryp avokado, in dun repies gesny

Metode

  1. Geur die beesvleis met die paprika, komyn, sout en peper.
  2. Verhit die helfte van die olie en braai die vleis tot gaar en goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
  3. Giet die orige olie in die pan en braai die ui, soetrissie en brandrissies tot gaar.
  4. Sny die beesvleis in lang repies en voeg by die groente. Verwyder van die hitte. Bedek en laat vir 3-4 minute staan.
  5. Verhit die tortillas in ʼn skoon pan sonder olie of volg die aanwysings op die verpakking.
  6. Skep die vleismengsel in die middel van die tortillas, rond met avokado af en rol op.

Wenk

Forel-en-maaskaas-tortillas:

Meng ½ koppie gladde maaskaas met ʼn paar eetlepels ongegeurde jogurt en geur met 2 eetlepels elk gekapte dille en grasuie, sout en peper. Rond met ʼn paar dun repies komkommer, gerookte en gevlokte forel en ʼn paar slaaispruite af.

Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.