
Groentesop (Foto: Lapa-uitgewers)
Dié maklike groentesop is perfek vir die winter!
Bestanddele
- 6 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
- 2 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
- 3 sopbene
- ʼn paar stukkies stowebeesvleis
- 2 ℓ water
- 1 x 500 g pakkie droë sopmengsel
- 2 blokkies beesvleisaftreksel, gekrummel
- sout en peper na smaak
Metode
- Plaas die wortels, aartappels, sopbene, stowebeesvleis en water in ʼn kastrol.
- Verhit stadig tot kookpunt, verminder die hitte en laat die mengsel vir 1 ½ uur prut.
- Verminder die hitte en roer die droë sopmengsel en aftrekselblokkies goed deur die sop.
- Geur met sout en peper.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewers: Lapa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Nou wanneer word die droë sopmengsel dan gaar?