Soorte resepte:

Resep: Jakkie se heerlike biltongslaai

Biltongslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié slaai maak gesond-eet lekker!

Lewer 4 porsies

Slaaisous

  • 125 ml gekapte pietersielie
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 125 ml gekapte sprietuie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2,5 ml korrelmosterd
  • 125 ml olyfolie
  • 30 ml wit asyn
  • 15 ml suiker

Slaai

  • 500 ml dungekerfde biltong
  • verskeidenheid groen slaaiblare
  • 1-2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 avokado’s, geskil en in skyfies gesny
  • 2 eiers, hardgekook en in kwarte gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in lang repies gesny

Metode

  1. Slaaisous: Mens slaaisous-bestanddele saam.
  2. Slaai: Plaas die biltong in die sous en laat vir minstens 2 uur of verkieslik oornag in die yskas marineer.
  3. Pak die slaaiblare op individuele borde en rangskik die res van die bestanddele bo-op die blare.
  4. Skep die biltong en van die slaaisous oor en sit dadelik voor. Enige orige slaaisous kan saam met die slaai voorgesit word.

Bron: Proe Pretville deur Leana Pool

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.