Soorte resepte:

Resep: Romerige ertjiesop

Romerige ertjiesop. (Foto: Clover Ekonomiese Gesinskos/Lapa Uitgewers)

Dié romerige ertjiesop neem nie ure se voorbereiding nie en is ideaal vir ʼn koue wintersaand.

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

  • 1 x 250 g pakkie spek, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 selderystingels,. gekap
  • 500 g droë gesplete ertjies
  • 6 x 250 ml flou hoenderaftreksel
  • 2 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 500 ml gekapte ham
  • 10 ml sout
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml fyn swartpeper
  • 250 ml Clover-room

Metode:

  1. Verhit ʼn groot swaarboomkastrol en braai die spekblokkies tot die spek bros is en die vet uitgebraai het. Skep dit uit met ʼn gaatjieslepel en dreineer die oortollige olie op handdoekpapier.
  2. Voeg die ui en seldery by die oorblywende vet in die kastrol en soteer liggies tot die groente gaar is.
  3. Voeg die ertjies, flou hoenderaftreksel, aartappels, ham, sout, lourierblaar en peper by.
  4. Verhit die mengsel tot kookpunt en verlaag die hitte. Bedek die kastrol en laat die sop vir 45 minute prut of tot die ertjies sag is. Roer af en toe.
  5. Verwyder die lourierblaar en laat die sop effens afkoel. Verpulp die sop in sarsies in ʼn voedselverwerker of met ʼn stokmenger. Giet die sop terug in die kastrol en roer die room deur. Verhit die sop oor lae hitte tot deurwarm, maar· moenie die sop laat kook nie.
  6. Garneer met die bros spekblokkies en bedien.

Bron: Clover Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.