Soorte resepte:

Resep: Romerige salm-en-vinkelpasta

Romerige salm-en-vinkelpasta (Foto: Armand kook Kaal/Lapa-uitgewers)

Hierdie deftige, ryk pasta word met murgpampoentjie-noedels gemaak.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 250 ml crème fraîche
  • ½ k droë witwyn
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • ¼ suurlemoen se sap en skil
  • 1 e vinkelblare, grof gekap
  • sout en swartpeper
  • 150 g gerookte salm of sorel, in 2 cm-stukkies gesny
  • 2 porsies Zoedels, gestoom (klik hier vir die Zoedels-resep)
  • wilderoketblare

Metode

  1. Verhit die crème fraîche en wyn in ʼn pot oor matige hitte.
  2. Voeg die knoffel, suurlemoensap en -skil en die vinkel by en laat dit vir 10 minute prut. Voeg bietjie sout en redelik baie peper na smaak by. Roer gereeld en laat effens afkook.
  3. Voeg die salm by die roomsous en laat vir 1-2 minute saam kook.
  4. Plaas die zoedels in ʼn groot mengbak en gooi die sous daaroor. Gebruik twee groot lepels om die pasta en sous saam te skud. Moenie te rof te kere gaan nie, want anders sal jy die zoedels breek.
  5. Sit hierdie wonderlike pasta voor met wilderoketblare en varsgekapte pietersielie. Jy kan nog ʼn paar druppels suurlemoen na smaak daaroor drup.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.