Soorte resepte:

Resep: Supergesonde ansjovisslaai

Supergesonde ansjovisslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie heerlike slaai is volgeprop met alles wat lekker is en boonop vullend genoeg vir ’n volledige maaltyd.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 slaaikop, blare losgebreek
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 50 g-blikkie ansjovisfilette, gevlok
  • 3 tamaties, in wiggies gesny
  • ½ k slaaispruite
  • 4 eiers, hardgekook en in skyfies gesny
  • 10 knopiesampioene, in skyfies gesny
  • 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 avokado, in blokkies gesny
  • 1 k vars uitgedopte of bevrore ertjies
  • hand vol groenbone, in derdes gesny en geblansjeer
  • hand vol grasuie, gekap
  • hand vol gemengde sade
  • ½ k Franse slaaisous van jou keuse

Metode

  1. Plaas die slaaiblare in ’n slaaibak en meng versigtig die res van die bestanddele, behalwe die slaaisous, deur. Giet die Franse slaaisous oor en sit voor.

Bron: Proe Pretville

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.