Tree voorkomend op met BASF se swamdoderportefeulje

BASF staan agter gesonde mielies (Foto: Verskaf)

Swamsiektes vernietig die gesonde blaarweefsel wat nodig is om energie vir die plant op te wek. Omdat hierdie siektes die opbrengspotensiaal van landerye kan verminder en dit onekonomies maak om sekere gewasse te produseer, kan dit die boer se maksimum inkomstepotensiaal verminder. Hier is ’n paar voorbeelde van algemene swamsiektes.

Mieliesiektes

  • Noordelike mielieblaarskroei (Exserohilum turcicum) kan opbrengste met tot 90% verminder.
  • Grysblaarvlek (Cercospora zeina), meestal waar geenbewerkingspraktyke toegepas word.
  • Roes (Puccinia sorghi) – ontwikkel in ’n later stadium van gewasgroei met opbrengsverliese van tot 25%.

Sojaboonsiektes

  • Sojaboonroes (Phakopsora pachyrhizi) veroorsaak letsels in die plantweefsel wat die plant kan laat afsterf.

Sonneblomsiektes

  • Alternaria-blaarvlek (Alternaria helianthi, A. zinniaeen A. alternata) word geïdentifiseer as ’n siekte met ’n aansienlike impak wat opbrengste met tot 30% kan verminder.

Voorsorg voorkom nasorg

Boere dien swamdoders dikwels eers toe nadat ’n siekte die eerste keer opgemerk is, of die drempelvlak van besmetting in die landery bereik is. Waar siektes egter voortdurend voorkom, is dit raadsaam om voorkomend eerder as reaktief daarteen te spuit.

Boere benodig toppresterende swamdoders

 Dié swamdoders bied uitstekende doeltreffendheid:

Abacus® Advance bied uitstekende voorkomende bekamping van belangrike mielie- en sojaboonsiektes met hoë vlakke van F500® (piraklostrobien) en epoksikonasool om gewasse te beskerm. Dié swamdoder lewer uitstekende siektebekamping en verhoog opbrengs – die AgCelence®-effek.

AgCelence® is die handelsnaam wat BASF gebruik om uitmuntendheid in die landbou te beskryf. Dit word toegeken aan produkte wat bogemiddeld presteer en daarom die AgCelence ®-naam mag dra, soos Abacus® Advance.

Terwyl dit ’n uitstekende swamdoder is, lewer die produk ook ander belangrike voordele, soos verhoogde plantgroeidoeltreffendheid en stresverdraagsaamheid.

 

Kweek swamweerstandige mielies van die begin af met BASF se hulp. (Foto: Verskaf)

 

Opera® is BASF se AgCelence®-oplossing vir mielies tydens laer siektedruk. Dié swamdoder bevat F500® (piraklostrobien) en epoksikonasool. Dit is ideaal vir boere wat ’n medium- tot lae vlak van siektebesmetting ervaar en ’n verhoging in opbrengs verlang.

Duett® Ultra is BASF se “brandbestryder” en is geskik vir die voorkomende en korrektiewe bekamping van belangrike mieliesiektes. Blaarweefselskade weens swambesmetting is egter permanent. Onthou dat Duett® Ultra gebruik kan word om verdere besmetting te keer, maar dit kan nie bestaande skade omkeer nie.

Priaxor® is BASF se nuutste mielieswamdoder en spog met die buitengewone eienskappevan Xemium® en die aktiewe bestanddeel F500®wat hom reeds telkemale bewys het. Dit beteken dat dié AgCelence®-oplossing nuwe hoë standaarde vir siektebekamping by mielies stel.

Duett® Star bied nuwegeslag-“brandbestryding”. Die kombinasie van die sistemiese aktiewe bestanddele fenpropimorf en epoksikonasool lewer uitstekende werkverrigting vir optimale opname deur die plant.

Bellis®. Dit bied top-bekamping van Alternaria spp. by sonneblom en is ook geregistreer vir roesbekamping by sojabone.

Bellis® Active, die jongste swamdoder vir die bekamping van roes en Alternaria-blaarvlek by sonneblom, asook roes by sojabone. Bellis® Active verskil van Bellis® deurdat die lading van die aktiewe bestanddele in Bellis® Active geoptimaliseer en meer geskik is vir laer siektedruktoestande by albei gewasse. Dit is ook mengbaar met Euro-Lightning®Plus in Clearfield® Plus-sonneblom.

Beskerm jou belegging teen swamsiektes met ’n geskikte BASF-swamdoder. Pas voorkomende maatreëls toe om sodoende moontlike regstellende optrede te vermy.

 

BASF maak van jong mielies winsgewende mielies. (Foto: Verskaf)

 

Abacus® Advance, reg. nr. L9132,Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel:F500® 62,5 g/ℓ. Epoksikonasool62,5 g/ℓ. Gevaarlik. Bellis®, reg.nr. L7817, aktiewe bestanddele:F500® 128 g/ℓ en boskalied 252 g/kg. Waarskuwing. Bellis® Active, reg.nr. L10777, aktiewe bestanddele: Boskalied 150 g/ℓ, piraklostrobien250 g/ℓ. Waarskuwing. Duett® Ultra,reg.nr. L9278, aktiewe bestanddele: Epoksikonasool 187 g/ℓ, tiofanaatmetiel310 g/l. Waarskuwing. Duett® Star, reg.nr. L10958, aktiewe bestanddele: Fenpropimorf250 g/ℓ, epoksikonasool 84 g/ℓ. Waarskuwing. Euro-Lightning® Plus,reg.nr. L10316, aktiewe bestanddele: Imazapier 7,5 g/ℓ, imazamoks16,5 g/ℓ. Opera®, reg. nr. L9013, aktiewe bestanddele: F500® 133 g/ℓ, epoksikonasool 50 g/ℓ. Waarskuwing. Priaxor®, reg. nr. L11011,aktiewe bestanddele:Xemium®75 g/ℓ, F500® 150 g/l. Waarskuwing.

Abacus® Advance, AgCelence®, Bellis®, Bellis® Active, Clearfield® Plus, Duett® Ultra, Duett® Star, Euro-Lightning® Plus, F500®, Opera®, Priaxor® and Xemium® is geregistreerde handelsmerke van BASF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.