Die finaliste is deur 28 beoordelaars aangewys. Die 10 finaliste is gekies uit 35 modelreekse wat vir dié gesogte titel in aanmerking kon kom.
Die finaliste in alfabetiese volgorde (foto’s van die modelle volg onderaan die berig):
Audi A4 Sedan
Honda Civic
Hyundai Tucson
Jaguar F-pace
Mazda CX-3
Opel Astra
Renault Kadjar
Toyota Fortuner
Volkswagen Passat
Volkswagen Tiguan
Die finaliste sal in Februarie 2017 oor twee dae by die Kyalami Grand Prix-baan finaal beoordeel word. Die wenner word op 15 Maart 2017 aangekondig.
Die kompetisie het in 1986 tot stand gekom en hier volg die vorige wenners*:
Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar | |
Jaar | Wenner |
2016 | Volvo XC90[2] |
2015 | Porsche Macan S Diesel[3] |
2014 | Porsche Cayman S[4] |
2013 | Porsche Boxster[5] |
2012 | Hyundai Elantra 1.8 GLS[6] |
2011 | VW Polo 1.6 TDI and BMW 530d[7] |
2010 | VW Golf 6 1.4 TSI Comfortline[8] |
2009 | Honda Accord 2.4i Executive[9] |
2008 | Mazda 2 Individual[10] |
2007 | Honda Civic 1.8 VXi[11] |
2006 | Audi A3 Sportback 2.0T FSI[12] |
2005 | Volvo S40[13] |
2004 | Renault Mégane 1.9 dCi[14] |
2003 | VW Polo 1.4 TDI[15][16] |
2002 | Audi A4 1.9 TDI[1] |
2001 | BMW 320d[17] |
2000 | Renault Clio 1.4 RT[1] |
1999 | Alfa Romeo 156 T-Spark[1] |
1998 | Ford Fiesta Fun[1] |
1997 | BMW 528i[17] |
1996 | Audi A4 1.8[1] |
1995 | Opel Astra 160iS[1] |
1994 | Opel Kadett 140[1] |
1993 | BMW 316i[17] |
1992 | Nissan Maxima 300 SE[1] |
1991 | Opel Monza 160 GSi[1] |
1990 | BMW 525i[17] |
1989 | Toyota Corolla GLi Executive[1] |
1988 | BMW 735i[17] |
1987 | Mercedes-Benz 260[1] |
1986 | Toyota Corolla Twin Cam[1] |
*Wikipedia
Sal nogal bietjie fotos wil sien van die ander jare se wen voertuie……….
Gegewe die ekonomiese situasie doen ek aan die hand dat daar ‘n nuwe mededinger bygesit word ….. die baaisiekel….. en die tekkies
Daai ander waens lyk mooi maar net vir diepsakke
Noem my dom maar ek verstaan nie hoe kan jy ‘n opjektiewe meting doen tussen ‘n voertuig wat oor die R1,1m kos (Jaguar F-Pace) en een wat onder R500,000.00 kos nie (al die ander behalwe die Fortuner).
Ek verstaan in elk geval nie wat regverdig ‘n prysetiket van meer as R1.1m (of selfs R500,000) vir enige voertuig wat jou van punt A na punt B neem nie. Maar soos my Pa altyd sê: “Dis nie die item wat te duur is nie, dis die ou wat dit wil koop wat te arm is”.
Baie interest, die voertuig met die bested naam en reputasie en wat jaar na jaar die beste verkoop naamlike TOYOTA staan nooit ‘n kans om te wen nie. Nogal baie interesant hoe hulle beoorrdeel wat dan eintlik niks seggend is. Ek wonder maar net elke jaar wat gaan aan.