Gesonde gesinne: Verstaan jy jou kind se taal?

(Foto: Nathan Dumlao/Unsplash)

Kinders kommunikeer deur gedrag. Vir hulle is dit ʼn manier om hul gevoelens, behoeftes en gedagtes uit te druk, sonder om woorde te gebruik.

Lourindi Nel, ʼn kinder- en volwasse berader, stel in hierdie aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor gesonde gesinne die vraag of ouers wel hulle kinders se taal verstaan.

Sy vra ook vir ouers om te vra hoekom jou kind die gedrag toon, eerder as om net op die gedrag self te fokus.

Kom luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.