Wen ’n Bosveld-wegbreek

Die asemrowende uitsig by Finfoot Lake-reservaat. Foto: Franz Rabe/Natural Photography.

Afrikaans is Groot (AiG) gaan hand aan hand met samesyn. Om dié rede het Helpende Hand besluit om tydens vanjaar se AiG-konsertreeks sy #HelpMekaar-veldtog van stapel te stuur.

Dié veldtog se hoofdoel is om gemeenskappe byeen te bring en touwys te maak hoe hulle op verskeie maniere by Helpende Hand betrokke kan raak om Afrikaner-armoede te verlig, te verbreek en te voorkom.

“Elkeen van ons kan ’n verskil maak, al is dit hoe gering. Een persoon se omgee, al is dit hoe gering, kan ’n invloed op iemand anders se lewe hê. Bietjie vir bietjie maak baie en demonstreer gemeenskapskrag. Ons almal weet dat die krag van saam wees beter is as die krag van alleen wees,” sê Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

Om die afskop van #HelpMekaar te vier het Helpende Hand hande gevat met AiG se organiseerders, Maroela Media en Finfoot Lake Reserve om iemand, en sewe geliefdes, ’n welverdiende Bosveld-blaaskans ter waarde van R13 580 by Finfoot Lake Reserve te gee.

Kompetisie

Kort jy en jou gesin ’n wegbreek in die Bosveld? Al wat jy hoef te doen, is om vir ons kompetisie in te skryf. Jy kan moontlik twee aande se verblyf in die luukse Villa van Finfoot Lake Reserve wen vir agt mense wat deel op ʼn selfsorgbasis. Hierdie prys sluit ook ʼn onvergeetbare skemerbootvaart op die Vaalkopdam vir die agt mense in. Hoe meer vriende en familie jy verwys, hoe groter staan jou kans om te wen!

En die wenner is: Baie geluk aan Alida Jacobs van Roodepoort wat die Bosveld-wegbreek vir agt mense gewen het.

Finfoot Lake Reserve is sowat 50 minute per motor van Sun City in die groter Pilanesberg-omgewing. Die oord is langs die Vaalkopdam geleë en die Bosveld-atmosfeer is oral te bespeur. Die chalets is gerieflik en ideaal vir pare en gesinne. Bedags kan jy waterpret op die dam geniet, ’n magdom bosvoëlspesies in jou voëlkykgids afmerk en ’n wildrit aanpak, en saans kan jy onder die sterrehemel aan ’n tuisgemaakte maaltyd smul.

Die prys is geldig vir ses maande van die datum van uitreik en onderhewig aan beskikbaarheid. Die prys mag nie vir die kontantwaarde verruil word nie. Wenners moet oor hul eie vervoer beskik. Die kompetisie sluit op 22 November. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.