Luister:  Griekwagebed –  1 Korintiërs 13

Argieffoto (Foto: Jonathan Sautter/Pixabay)

1 Korintiërs 13

Al sal ekkie tale van mense en van ingelse praat,
ma ek het nou die liefde geloop geryl virrie haat,
dan het ek ‘n raaslike paraffienblik gestaat raak.

Al was ek so slim lat ek niewe goeterse kan maak,
ma ek het die Jirre se liefde byte innie son gelat lê,
dan is ek niks, hoor wat ek hierie vedag vi jou sê.

Al gjee ek my hele bokke weg, net om te die ag te hê,
dan sal al hierie dinge my nou nog niks gepetaal hettie
as ekkie die liefde ytie jimmel yt kan geloop haal hettie.

Die regtige liefde die se bek is nooit nie dikkie,
jy sien hommie skinner en jy hoor hommie klikkie,
hy skrywe die kwaad okkie in boekietjiese oppie.

Die liefde maak alles mooi toe met hy se sawwe karos.
Tale die hou op, voorspellingse vedwyn en woorde raak los,
ma liefde die sal nou tot by ewageit toe net so bly staat.

Toet ek nou ‘n kjent gewas het, toe’t ek sosse kjent gedink,
en vedag sien ek net troewelte innie gorrawaterse blink,
ma eendag sal ek die Jirre se hele waarlikeit gat weet.

En nou is dit die geloof ennie hoop ennie liefde wat bly staat,
ma nettie liefde sal saam met my narie Jirre se jimmel toe gaat.
 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek Innie Skylte vannie Jirre  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here met die tongval van n eie Griekwa taal word ek opnuut getref hoe hoog U die liefde skat…dankie Here dat U ons eerste liefgehad het….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.