Jou troeteldier verdien die heel beste

(Foto verskaf deur OUTsurance)

Vir meeste mense is dit maklik om op datum te bly met jou troeteldier se jaarlikse inentings en/of roetine-ondersoeke by die veearts. Maar wat as jou troeteldier siek word, in ʼn ongeluk beseer word, of chroniese medikasie benodig? Dit is juis dan wanneer troeteldierversekering handig te pas kom.

Kyk na jaarlikse limiete en sublimiete

Maak seker dat jy presies weet hoeveel dekking jy regtig ontvang, veral as die premie baie laag is in vergelyking met ander versekeraars. Kyk veral na die bedrag wat genoem word by “jaarlikse dekking”, met ander woorde, die maksimum bedrag waarvoor jy mag eis binne ʼn 12 maande-siklus.

Daar is partykeer ook sublimiete wat ʼn limiet plaas op die bedrag wat jy mag eis vir spesifieke tipe behandelings. Sublimiete is gewoonlik van toepassing op meer algemene behandelingsmetodes; maak daarom seker dat jy die fynskrif ook lees.

As jy op soek is na troeteldierversekering met eenvoudige voordeelstrukture, sal jy hou van OUTsurance se troeteldierversekeringspakkette wat hoë limiete het en ook maklik is om te verstaan.

Hoe word die versekeringspremie bereken?

By OUTsurance, word jou troeteldier se premie volgens sy of haar unieke risikoprofiel bereken. As jou troeteldier dus ʼn lae risikoprofiel het, kan jy heelwat minder betaal, juis omdat jy nie ander troeteldiere subsidieer nie.

Wat is jou bybetaling wanneer jy eis?

Soos wat by die meeste tipes versekering die geval is, sal jy ʼn bybetaling betaal wanneer jy ʼn troeteldierversekeringseis indien. Baie versekeraars hef verskillende bybetalings, afhangend van die tipe eis. Of hulle bereken die bybetaling as persentasie van die totale eisbedrag, wat nogal ʼn aardige bedraggie kan raak, veral as jou troeteldier geopereer moet word.

By OUTsurance is daar egter net een vaste bybetaling betaalbaar per eis. Dit beteken dat jy altyd vooraf sal weet presies wat die bybetaling is, met geen onaangename verrassings nie.

Ontvang jy ʼn kontantuitbetaling as jy nie eis nie?

Het jy geweet dat OUTsurance die enigste Suid-Afrikaanse troeteldierversekeraar is wat ʼn kontant OUTbonus bied as deel van hulle standaardprodukaanbieding? OUTsurance betaal 10% van jou betaalde premies terug as jy vir drie opeenvolgende jare nie eis nie. Hulle het al meer as R1 miljoen in OUTbonusse uitbetaal aan kliënte wat troeteldierversekering uitgeneem het.

Eienaars wat toegewyd is daaraan om vir hulle troeteldiere die heel beste sorg te gee en hul risiko’s bestuur, trek dus voordeel daaruit om nie te eis nie. Nie net het hulle gesonde, gelukkige troeteldiere nie, maar hulle ontvang ook ʼn kontantuitbetaling as ʼn beloning.

Kry jy die meeste uit jou troeteldierversekering. Maak seker jy vergelyk kwotasies sodat jy die beste waarde vir geld ontvang saam met uitstekende voordele.

OUTsurance is ʼn gelisensieerde versekeraar en FDV. Die OUTbonus word uitbetaal ná drie eisvrye jare, is gebaseer op die premie en ingesluit in jou standaardvoordele. Bepalings en voorwaardes en limiete is aanlyn beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.